BYBELSTUDIE
In die gemeente het ons tans twee gereelde Bybelstudiegroepe.
Ons kuier met mekaar, versorg mekaar, bid saam met mekaar en doen saam Bybelstudie.
Sout-vir-die-aarde kom Woensdagoggende 09:00 saam.
Ons fokus op die geskiedenis van Jesus … soos vertel in die
EVANGELIE VOLGENS MATTEUS
Vanaf begin 2023 kom ‘n groep Donderdagaande om 18:30 bymekaar.
Ons fokus op die kern van die evangelie … soos vertel in die
BRIEF VAN PAULUS AAN DIE ROMEINE
KLEINGROEP
In die gemeente kom ‘n groepie gelowiges elke Donderdagoggend om 10:00 saam.
Ons sing saam, versorg mekaar, kuier saam en gesels vanuit die Woord met mekaar.
Gedurende 2023 word ons gesprekke gerig deur die tema:
ONS LEEF SAAM MET MEKAAR …